Login Here

A Joke A Day.


Rendering Error in layout Widget/Module: array_unshift(): Argument #1 ($array) must be of type array, null given. Please enable debug mode for more information.
More
14 years 10 months ago #34911 by Schalk du Plessis
Replied by Schalk du Plessis on topic Moer koffie
Die waarheid is gewoonlik baie erger as fiksie en die volgende ware storie is genoeg om enige mens twee keer te laat kyk na wat mens eet en drink by die werk.

Enige Bank, Poskantoor of Prokureur het maar ‘n bode wat allerhande los werkies ook moet doen, soos om die pos te gaan haal, toilette skoon te maak, vloere te mop en in die meeste gevalle sommer koffie en tee vir die kantoor personeel ook te maak.

Veral in onse ou klein dorpie, noem hom maar, Moerlandspan, waar ek vandaan kom is die enigste bode sommer alles en mens sien hulle sommer heel dag so beweeg tussen al die plekke waar niemand lus voel om heen te loop nie. Die lede van ons eie Bank, en hier kan ek beslis nie die naam noem nie, was elke dag stiptelik op hul pos van die Bestuurder tot die Bode.

Ou Simon die bode was soos baie ander bodes, maar effens van ‘n slons, of die mooi woord is ‘n regte ou vuilgat. Rooi gesuipte oë, goud-geel tande van al die BB twak wat hy met koerant papier rook, stukkende uniform (want hy verkoop die nuwes), en ‘n natuurlike klankie wat genoeg is om die meeste mense te laat sidder.

Die dames in die kantoor het gedurig gekla oor Simon so vrot afstof, nie mooi skoonmaak nie, en daai klankie van hom was een te veel! So, soggens nadat Simon almal se koffie gemaak het, het hulle hom dadelik soveel takies moontlik gegee om hom net uit die bank te kry, wat Simon natuurlik erg misbruik het, en meestal vol papsak wyn onder ‘n boom lê en slaap het, altyd sonder sokkies.

Die klankie was afkomstig van Simon se besondere liefde vir hard gekookte eiers, waarvan hy elke liewe dag ten minse ses verorber het met middag ete, afkomstig van sy eie henne wat skrop om sy kaia in die lokasie. Dis todat Koos, die nuwe Bank bestuurder een dag uit pure moedeloosheid die besemkas agter in die bank loop oop ruk het op soek na skoonmaakmiddels, dat hy op iets vreemds deur die agter ruit afgekom het.

Rustig aan die slaap lê ou Simon onder die boom vol hard gekookte eiers en ‘n paar nat sokkies is opgehang aan die venster se diefwering, daar agter waar niemand ooit kom nie.
Koos het een en een bymekaar gesit en die volgende oggend vir Simon bekruip oral waar hy gaan en tot sy ewige spyt gesien wat daar gebeur.

Die bank het so ‘n 15 Liter blink staal Urn met styf passende deksel wat sommer heel dag so staan en prut vir koffie water en dis nou hier waar die groot kots vir Koos kom staan en wag het.

So kom Simon toe in en gaan tap die urn vol water, skakel hom aan en gaan sit al te rustig op die stoel langs die tafel. Mooi pak Simon 6 ROU eiers uit ‘n tassie op die tafel en maak sy skoen veters los.
Daarna trek hy sy sokkies uit en plaas 3 eiers in elke sokkie en hang elke sokkie vernuftig oor die rand van die urn in die koffie water en knyp hulle met die deksel vas.

Soos die koffie water kook, so kook Simon se eiers, en kry sy sokkies sommer ‘n lekker was ook.
Koos sê nadat hy sy laaste stuk dikderm uitgekots het, en die res van die personeel mekaar vertrap het om hulle mangels te loop uitskeur voor die toilet het hulle ou Simon dik gemoer en summier op pensioen gesit.Tot vandag toe staan daai urn in die stoor en drink die personeel bottel water en koeldrank.

Dis nou regte moer koffie, om GE-MOER te word oor koffie!

Please Log in to join the conversation.

More
14 years 10 months ago #34918 by Echodive
Replied by Echodive on topic Petshop

Attachment ATT1289905.jpg not found

Attachments:

Please Log in to join the conversation.

  • SLASHER
  • Visitor
  • Visitor
14 years 10 months ago - 13 years 7 months ago #34991 by SLASHER
Replied by SLASHER on topic Re: Petshop
.
Last edit: 13 years 7 months ago by SLASHER.

Please Log in to join the conversation.

More
14 years 10 months ago - 14 years 10 months ago #35124 by Morne
‎2 babas le en chat.
Baba 1: "Ek is nou mooi moeg vir die Purity, dus oggend, middae en saans, dan is nog tussen in Purity..Ek is nou gatvol"

Baba 2: "Dis fokol, het jy al n tiet gedeel met n ou wat LEXINGTON ROOK?!"
Last edit: 14 years 10 months ago by Morne.

Please Log in to join the conversation.

More
14 years 10 months ago #35134 by frootie
Replied by frootie on topic Re: A Joke A Day.
One of my daily laughs came from an add in the junkmail...

"EK OP SOEK NA N PYN BOL GAN OF N PEPER GAN"

...priceless :laugh:

porter sur cet horizon

Please Log in to join the conversation.

More
14 years 10 months ago #35207 by Echodive
Replied by Echodive on topic Re: A Joke A Day.

Attachment NotintheMood.JPG not found

Attachments:

Please Log in to join the conversation.

Time to create page: 0.583 seconds
Powered by Kunena Forum